Individuele aandag
Persoonlike aandag sodat elke kleuter kan floreer en met selfvertroue die wêreld kan aanpak.
Holistiese ontwikkeling
Ontwikkeling van die kind in totaliteit, d.w.s. emosioneel, sosiaal, kognitief, normes en waardes, ens.
Veilige en geborGe omgewing
Al lerende speel ons en al spelende leer ons binne ‘n omgewing waar kleuters sekuriteit ervaar.
Inklusiwiteit
Gebaseer op die beginsel dat elkeen behoort en saak maak. Almal word ingesluit en volgens hul eie behoeftes ontwikkel.
Op soek na die perfekte grondslag vir jou kind se opvoeding?
By Kleinhoewe Kleuterskool weet ons hoe uitdagend dit is om in vandag se tyd kleuters groot te maak. Daarom skep ons ‘n liefdevolle tuiste waar kleuters veilig kan voel sonder mamma aan hulle sy.
Ons kundige onderwysers gebruik spel as ‘n instrument om nuuskierige kleuters te lei om hul natuurlike drang vir leer te stimuleer.
Kontak ons vandag om te sien hoe ons aan jou kind se toekoms kan help bou.
Ons Fooie – Oor 12 maande
Registrasiefooie is as volg:
Kleuterskoolmaats: R840.00 per jaar
(Benodigheidslys vir elke kwartaal sal huis toe getuur word soos nodig)
Naskoolmaats: R740.00 per jaar
Kontak ons gerus vir meer besonderhede.
Baba
3 tot 15 maande
R3 180 pm
Peuter
1 tot 3 jaar
R2 950 pm
Kleuter
3 tot 5 jaar
R2 950 pm
Naskool
GrR tot Gr7
R1 450 pm
* Kleinhoewe bied elke Vrydag ’n snoepie vir al ons maats aan. ’n Bykomende kwartaalfooi word aan die begin van elke kwartaal gehef. Hierdie fooi wissel tussen R80.00 en R120.00, afhangend van die kwartaal.
Maandag tot Vrydag: 06h00- 17h30
Kleinhoewe Kleuterskool is gesluit op alle openbare vakansiedae, asook tussen Kersfees en Nuwejaar. In 2026 sal ons egter ook vir ’n addisionele week sluit. Die skool sal gesluit wees vanaf 27 April tot 1 Mei 2026.
Hierdie tyd gee ons personeel die geleentheid om te rus, te herlaai en met nuwe energie die tweede helfte van die jaar aan te pak. Ons waardeer u begrip en ondersteuning, en vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak.
Kleinhoewe Kleuterskool bied onderrig vir kleuters vanaf 3 maande tot 5 jaar (Pre- Graad R) en vir na-skool tot Graad 7.
Ons volg die Dinamo leerplan van die AON wat spesifiek geskryf is vir kleuterskole. Dit fokus op die holistiese ontwikkeling van kleuters. Ons doelwit is om gesonde opvoedkundige beginsels toe te pas wat kleuters se natuurlike nuuskierigheid om te leer stimuleer en daarom doen ons ook deurgaans verrykingswerk. Dit sluit aanpassings volgens individuele kleuters se behoeftes in.
Deurlopende assessering aan die hand van die ELDAS word gevolg. Kleuters ontvang Maart ‘n aanpassingsverslag en Junie en November vorderingsverslae.
Ouers hoef geen kosblikke, peuselhappies of versnappering in te pak nie. Ons voorsien ontbyt (warm pap), ‘n versnappering (koekie en vrug/ jogurt) om 10:00, gebalanseerde middagete om 12:00 en ‘n toebroodjie om 15:00. Kleuters ontvang ook sap of warm sjokolade en tee in die winter. Laai gerus ons spyskaart af om ons heerlike somer- en winter spyskaart te besigtig.
Ons sal die ouers dadelik kontak indien nodig. Geen medikasie word by die skool toegedien nie.
Alle personeel het noodhulpopleiding en sal toepaslike sorg bied. In ernstige gevalle, indien nodig, sal die ouers dadelik gekontak word.
By Kleinhoewe Kleuterskool glo ons in positiewe dissipline wat deur liefde toegepas word. Goeie gedrag word deur onderwysers gemodelleer en beloon. Ons volg ook ‘n gestruktureerde dagprogram wat vaste roetine verseker.
Ons pas beheerde toegang tot die skool toe deur middel van ‘n magnetiese heksisteem wat met ‘n toegangskode werk.
Ons is trots Afrikaans en daarom is ons taal van onderrig en leer Afrikaans. Ons aanvaar egter Engelssprekende maats wat in Afrikaans onderrig wil word.
Vennote en akkreditasie

