Kleinhoewe Kleuterskool, Rustenburg

Wat ouers sê

Ek wil net vir die Kleinhoewe Span baie dankie sê vir hulle moeite met die kinders. My kind is so gelukkig hier.

Bianca Horn

Our experience with Kleinhoewe has been a pleasant one. We are an English-speaking family and although my little boy doesn’t speak a lot of Afrikaans, he loves the school.

We have been with Kleinhoewe now for the best part of 3 years and won’t be going anywhere else!

Wayde Swart

Die kleuterskool het ons verwagtinge oortref op verskeie maniere, veral met die voortreflike kos wat byna so lekker ruik soos my ouma se kombuis en die liefdevolle atmosfeer wat onmiddellik opvallend was.

Die gelukkige en stimulerende omgewing van Kleinhoewe het ‘n beduidende invloed op my seun se algehele welstand gehad. Hy, nou twee jaar oud, kom elke week huis toe met ‘n nuwe diergeluid of ‘n kleur wat hy ontdek het, dit is duidelik dat hy dit in ‘n omgewing geleer het wat hy geniet.

Dan, een van Kleinhoewe se merkwaardigste eienskappe is hul benadering om elke kind volgens hul individuele behoeftes en vermoëns te leer, ongeag ouderdom. Dit is ongewoon om ‘n skool te vind wat nie net deur aktiwiteite jaag om met hul opvoedkundige kwalifikasies te spog nie, maar wat werklik omgee vir die geluk van elke kind en hul manier aanpas om die kindjie se vermoë te stimuleer en akkommodeer.

Ek stel Kleinhoewe ten sterkste voor vir enige ouer wat op soek is na ‘n veilige, voedsame en LIEFDEVOLLE leeromgewing vir hul kind.

Anoniem

Baie dankie Kleinhoewe Kleuterskool dat julle my dogtertjie so vinnig tuis en veilig laat voel het.

Julle was baie geduldig met haar en gee haar soveel liefde. Sy sien elke dag uit om skool toe te gaan. Sy speel elke dag lekker- haar lyfie en klere vol sand asook haar vriendelike gesiggie wanneer ek haar optel bevestig dit.

Julle gee individuele aandag aan elke kind en hulle eie behoeftes. Julle sien elke kind vir wie sy of hy is raak en gee esktra aandag waar nodig is. Die juffrouens is altyd vriendelik en geduldig. Baie dankie vir wat julle vir my dogtertjie en elke kind beteken.

Sunel Britz

Awesome skooltjie wat die belange van my kindertjie na aan die hart dra. Hy speel en leer en geniet kind wees in sy moedertaal. Hy is n buite kind, n natuur kind en hier kan hy homself uitleef. Beveel Kleinhoewe vir enige mamma en pappa aan.

Jacoba Neumeyer

Kleinhoewe Kleuterskool is presies wat kleintjies nodig het.

Juffrouens is almal baie plat op die aarde en gee jou kind die nodige liefde en aandag. My dogtertjie is baie gelukkig hier en ons hou BAIE van juffrou Cherize!!! Sys fun, uitgesproke, streng waar dit nodig is en leer ons kinders mooi.

Baie dankie vir julle!!

Nina Bezuidenhout