Ons Span
By Kleinhoewe Kleuterskool klop elke juffrou en personeellid se hart vir kleuters.
Ons dink buite die boks en bou daagliks blokkie vir blokkie aan die toekoms van ons kleuters.
Marleney Du Plooy
Skoolhoof
Met ‘n sterk agtergrond in onderwys en ‘n passie vir kindontwikkeling, is my doel om ‘n veilige, ondersteunende en inspirerende leeromgewing vir al ons leerders te skep. Ek sien uit daarna om saam met julle ‘n helder toekoms vir ons kinders te bou.
Cherize van Wyk
Skapie klas (4- 5 jaar)
Ek beskou myself as ‘n konsekwente persoon met hoë waardes. Ek is mal oor my werk en geniet dit om buite die boks te dink en kreatief te wees.
Nicci Grey
Eendjie klas (3- 4 jaar)
Ek het ’n groot liefde en geduld vir elke maatjie in my sorg. By my is kinders veilig, gekoester en werklik raakgesien. My doel is om elke maatjie holisties te ontwikkel, omring deur sagtheid, liefde en begrip. My klassie is my hartklop — ’n plek waar elke kind mag groei en blom. 💛
Mirike Leadley
Hoendertjie klas (2- 3 jaar)
Met n roeping vir onderwys is ek opgewonde om n veilige, liefdevolle en rustige omgewing te skep vir die kinders. Ek glo aan positiewe onderrig en dat leerders geborge moet voel sodat hulle, hul beste potensiaal kan bereik. Ek sien uit om jou kind beter te leer ken, saam hulle te speel en tonne liefde vir hulle te gee.
Bernadine Potgieter
Kalfieklas (1 – 2 jaar)
Ek het met groot opgewondenheid die Kalfieklas oorgeneem. Dit is vir my ’n voorreg om deel te wees van hierdie spesiale fase in die kleintjies se ontwikkeling. Ek glo dat leer deur liefde, speel en ontdekking plaasvind, en ek streef daarna om elke dag ’n warm, veilige en gelukkige ruimte te skep waar elke kind met selfvertroue kan groei.
Hester Kuhn
Hasie Klas (3 – 18 maande)
Ek is van passie, entoesiasme en pret aanmekaar gesit. Ek leef en haal asem vir die magiese oomblikke saam met die maats. In my klaskamer raak positiwiteit en lag nooit op nie.
Lameze Mcphersan
Assistent
Ek is ‘n bok vir sport. Liefdevol, lekker gesellig en altyd behulpsaam.
Abigail Vermaak
Assistent
Ek het n groot liefde en passie vir kinders. Ek het baie goeie waardes en geniet dit vreeslik om met kinders te werk.
Ivonne Mariha
Skoonmaker
Ivonne sorg nie net dat ons klaskamers mooi netjies en skoon is nie, sy versorg ook ons maats met liefde en deernis.
Lenah Sekgalo
Kok
Lenah maak seker ons maats se magies is gevul met gesonde en gebalanseerde maaltye. Ons hoor gereeld dat die “donkieskool” se kos lekkerder as mamma s’n is.
Rebecca Tlhage
Skoonmaker
Rebecca glimlag altyd en speel graag saam met ons maats. Hulle geniet veral haar danspassies.
Driekie
Naskool
Ek is ‘n toegewyde en ervare naskool-juffrou wat jou kind se akademiese sukses en dissipline eerste stel. Ek verseker individuele aandag vir elke maat. Ek het werkende struktuur en ferm dissipline vir ‘n positiewe leeromgewing. Ek bied elke maat geduldige en doelgerigte begeleiding deur die loop van die kwartaal. Vrydae is ons rus dae, dan het ons pret en plesier!
Helrie Dodds
Naskool Hulpassisstent
Die veiligheid en welstand van elke kind is vir my ’n groot prioriteit. Ek sal sorg dat elke maat betyds vertrek, veilig vervoer word en onder toesig bly totdat hulle weer veilig terug is. Vir my is dit belangrik dat ouers met gemoedsrus weet hul kinders word met sorg en verantwoordelikheid dopgehou.
